1
hoeveel mense? Maak alles skoon
 
 
1 Alle Vlugte Kies Klas
  • Alle Vlugte
  • Slegs direkte

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon
Retoer
Eenrigting
Multistad
Vertoon meer
datums
 

Inligting

Vlugte vanaf Johannesburg na Perth land by die Perth-lughawe. Die afstand vanaf die lughawe na die middestad is ongeveer 10 km. Die goedkoopste vlugte van Suid-Afrika na Perth gaan gereeld via ander reissentrums soos Doebai of Singapoer, maar direkte vlugte vanaf Johannesburg na Perth is beskikbaar met South African Airways. As jy met ’n Suid-Afrikaanse paspoort na Perth reis, benodig jy ’n visum vir jou tyd daar. Die besoekersvisum maak voorsiening vir vakansie, besoek aan familie of vriende en beperkte besigheidsaktiwiteite. Om ’n besoekersvisum vir Australië te kry, moet jy ’n rekening op die Australiese regering se webwerf skep om vorms en dokumente in te dien, en daarna ’n ander rekening skep op TLSContact om ’n afspraak te maak. Perth voel miskien geïsoleerd, maar dit spog met ’n pragtige rivieroewer-omgewing en pragtige strande op jou drumpel, wat dit ’n ideale plek maak vir seil, hengel, swem en bootritte. Hierdie sonnige stad bied uitstekende eetplekke en inkopies, terwyl robuuste natuurlewe-avonture – van snorkel by Rottnest-eiland tot koala- en kangaroo-uitstappies en sandplankry-uitstappies – ewe toeganklik is.

 

Vlugte

Direkte vlugte vanaf Johannesburg na Perth is beskikbaar met South African Airways. Ander lugdienste wat na Perth vlieg, sluit in Emirates, Air Mauritius, Qantas Airways en Singapore Airlines. Die vlug sonder stoppe van Johannesburg na Perth duur ongeveer 9 uur en 20 minute, maar jy kan ook lang reistye hê as via ander reissentrums na Perth vlieg, of as jy van Kaapstad via Johannesburg na Perth vlieg. Die Perth-lughawe is ongeveer 10 km van die middestad geleë en Transperth bied gereelde busdienste tussen die lughawe, stad en ander plaaslike areas.

 

Kyk en Doen

As jy op soek is na idees vir wat jy in Perth kan doen, sal jy ’n lang lys besienswaardighede in die hoofstad van Wes-Australië vind. Kings- park en botaniese tuin is een van die grootste stadsparke ter wêreld, met ’n pragtige uitsig op die Swanrivier en Darling Range. Gaan op ’n luilekker riviervaart tussen Perth en die geskiedkundige Fremantle-hawe vir nog lieflike uitsigte en om van die weelderige huise in die voorstede aan die rivieroewer te sien. Jy kan ook ’n dagvaart met die rivier op neem na die wingerdgebied van Swan Valley, waar kosliefhebbers heerlike etes by die uitstekende restaurante sal ontdek. Perth het ’n wye verskeidenheid museums – van die Western Australia-seevaartmuseum en die Aviation Heritage Museum tot Scitech – ’n vermaaklike, gesinsvriendelike museum wat wetenskap en tegnologie, ingenieurswese en wiskunde ondersoek deur middel van prettige, interaktiewe uitstallings. Die Perth-dieretuin is nog ’n lekker uitstappie vir die gesin. Perth het ’n paar wonderlike strande, waaronder Cottesloe-strand omring deur dennebome, wat minder as 15 minute se ry per motor is. Port- en City-strand is ook bekend, terwyl Trigg Point en Scarborough gewild is onder branderplankryers. Leer meer oor die geskiedenis van goud in die area by die Perth-munt of maak kennis met Australië se unieke diere in die Perth-dieretuin. Geniet die Wes-Australië-akwarium en ’n uitgestrekte marina met restaurante en winkels by Hillarys Boat-hawe; beleef ’n interaktiewe klok-lui-uitvoering by die Bell Tower, wat die oorspronklike klokke uit Londen se Buckingham-paleis huisves; of verken die Wes-Australië-kunsgalery ... die opsies is regtig eindeloos.

 

Inkopies

In Perth kan jy oral na hartelus inkopies doen, van eklektiese markte tot stylvolle winkelsentrums. King Street is die plek om wêreldwye luukse winkels te vind, van Louis Vuitton tot Tiffany of Burberry. Claremont Quarter is ’n ander een-stop-winkel vir hoogmode-kopers in een van Perth se luuksste voorstede. Die Galleria-winkelsentrum in Morley is net die plek vir alledaagse goedere – dink huisware, kos, klere en bykomstighede. In Oxfordstraat in Leederville kry jy koel en eklektiese boetieks, ’n boekwinkel, viniel- en CD-winkels en uitstekende eetplekke. Winskopie-jagters moet koers kry na Harbour Town in Wellingtonstraat vir afslag-kopies en fabriekswinkels van groot naamhandelsmerke. Die Northbridge-omgewing, bekend vir sy kafees, restaurante en kroeë, het ’n aantal eienaardige winkels met minder bekende klerename, terwyl Mt Lawley ideaal is vir vintage-klere. Subiaco is die plek vir luukse huisware, juweliersware, klere en boeke, veral langs Rokebyweg en Haystraat. As jy graag by markte rondsnuffel, maak ’n draai by die Rockingham-mark (slegs tussen Julie en Desember), waar handgemaakte kunswerke verkoop word in ’n bedrywige binnenshuise mark wat lei na tuine en kafees, plus vermaak vir die kinders. Die Fremantle Markets, wat al sedert 1879 sake doen, en ongeveer 30 minute suidwes van Perth geleë is, is een van die gewildste besienswaardighede in die stad, met baie vir die kinders om te doen terwyl jy na die handgemaakte houtspeelgoed, vars produkte, plaaslik vervaardigde snuisterye, klere en vele meer kan kyk.

 

Vervoer

Vervoer in Perth is goed georganiseer met ’n goeie openbare-vervoernetwerk, insluitend busse, treine en veerbote. Transperth, die openbare vervoerstelsel, bied jou twee gerieflike maniere om te betaal: met kontantkaartjies of ’n herlaaibare Smart Rider-kaart. Die Smart Rider werk die beste vir solo-reisigers wat van plan is om Perth se openbare vervoer te gebruik en langer as enkele dae in Perth gaan rondreis, want daar is goeie afslag per sone. As jy eerder met taxi’s in Perth wil ryis, is daar twee hooftaxi-ondernemings – Swan Taxis en Black and White Cabs – wat albei betroubare slimfoon-apps het. Uber is ook ’n gewilde keuse om in die stad rond te rits.

 

Verblyf

As jy jou verblyf in Perth bespreek, hou in gedagte watter besienswaardighede jy wil besoek en watter dele van die stad jy wil verken. Perth lê taamlik uitgestrek langs die oewers van die Swanrivier, maar daar is ’n paar woonbuurte wat ideaal is vir reisigers. Die middestad is een van die beste plekke om te bly, met goeie toegang tot openbare vervoer en verskeie besienswaardighede, waaronder die St. Mary’s-katedraal, die Swanrivier, Kings-park, die Wes-Australiëse kunsgalery en die Wes-Australiese museum, plus eersteklaswinkels en -eetplekke. Northbridge is ’n klein, byderwetse area naby die middestad wat bekend is vir sy kroeë en die naglewe – van die beste klubs in Perth is hier – plus ’n verskeidenheid keuses van internasionale kookkuns. South Perth is ook ’n goeie plek vir verblyf in Perth. Jy sal naby die Perth-dieretuin wees, en baie restaurante, plus ’n kort veerbootrit vanaf die middestad. Subiaco is ’n elegante, kosmopolitiese area, vol ontwerperwinkels, galerye, boetieks en koffiewinkels. Rokebyweg en Haystraat is veral gesog, met ’n lieflike boeremark in Rokebyweg. East Perth is meer van ’n woonbuurt, maar steeds binne die bereik van die middestad en ideaal vir fietsry of stap langs die Swanrivier.

 

WegReis sê

’n Deel van Kings-park wat nie naastenby genoeg aandag kry nie, is die Federation Walkway. Hierdie promenade van 620 m loop deur die botaniese tuin en bied ’n ongelooflike uitsig oor die natuurskoon, insluitend die Swan- en Canning-riviere, en die Water Garden-vallei. Om tot by die bokant te klim, begin die roete oorkant die verkeersirkel by die Lord Forrest-standbeeld in Fraserlaan. ’n Ander goedbewaarde Perth-geheim is die Rooftop Movies – sewe verdiepings bo-op ’n parkeergarage in die stad. Daar is retro-woonwaens, kamma-gras, palmbome en stringe liggies, en in die somermaande, wys klassieke kultusflieks, nuwe vrystellings en lokettreffers onder die sterre. Toegang is in Jamesstraat, die hoofstraat in Northbridge. En wat sou ’n reis na Perth wees sonder ’n besoek aan Rottnest-eiland? “Rotto”, soos dit genoem word, spog met 63 spierwit strande, ’n paar wonderlike snorkelplekke en oulike, vriendelike klein quokkas, wat soos mini-wallabies lyk. Daar is geen motors op die eiland nie; huur dus ’n fiets en gaan verken!