Oor ons
Jy ken en vertrou al jare lank die Weg-handelsmerk om jou die beste nuus en inligting oor bekostigbare en interessante bestemmings in Suider-Afrika te gee, maar nou sprei ons ons vlerke. Ons wil jou ook op praktiese maniere help om jou oorsese droomvakansies moontlik te maak. WegReis is ’n aanlyn Suid-Afrikaanse reisdiens wat ons in samewerking met Travelcheck aanbied. WegReis gebruik innoverende,

internasionale tegnologie sodat jy moeiteloos jou reis kan beplan en betaal. Die webwerf help jou om die opsies van verskillende lugdienste met mekaar te vergelyk en verblyf te kies wat in jou behoeftes voorsien. Danksy die slim soekenjin kan jy nou jou huiswerk oor enige bestemming wêreldwyd doen en self die bes moontlike pakket saamstel. En natuurlik staan ons ook reg om jou met Weg-stories te inspireer om ook die wêreld anderkant ons eie grense te verken.

Sodra jy die besonderhede van jou reis gekies het, kan jy tjop-tjop jou bespreking afhandel deur op ’n veilige manier te betaal. Die betalingsprosedure by WegReis is beveilig met die mees betroubare veiligheidstelsel en voldoen aan die vereistes van die Betaalkaartbedryf. By WegReis wil ons graag vir jou die proses so maklik as moontlik maak.

Kyk, klik . . . en Weg is jy!
Beach