FAQ
Nadat jy die besprekingsproses afgehandel het en die betaling verwerk is, stuur Wegreis vir jou ’n e-kaartjie met jou vlugbesonderhede. Dit word gestuur na die e-posadres wat jy verskaf het tydens die besprekingsproses. Gaan jou gemorsposlêer na as jy dit nie gekry het nie. Hierdie e-kaartjie is die bevestiging van jou bespreking.
Ons bied verskillende betaalopsies aan. Ons raai jou aan om met ’n kredietkaart te betaal, maar ons het ook opsies vir EFT, direkte EFT-betaling en ’n onmiddellike kredietoplossing via ons finansiële diensverskaffer-vennoot FASTA.
Dit is nie moontlik om aanlyn met twee kredietkaarte te betaal nie. Jy kan afsonderlike besprekings maak en elkeen met ’n ander kredietkaart betaal. Ons beveel dit egter nie aan nie.
WegReis sal jou e-kaartjie na jou toe e-pos kort nadat die bespreking bevestig is en ons die betaling ontvang het.
Jou verwysingsnommer is op die e-kaartjie wat ons na jou stuur nadat die bespreking suksesvol was. Let daarop dat die lugdiensverwysingsnommer anders is as jou Wegreis-verwysingsnommer. Jy het die lugdiens se verwysingsnommer nodig om vir jou vlug aan te meld. Jy kry dit in die afdeling vlugbesonderhede van die e-kaartjie.
As jy nie jou kaartjie ontvang het nie, kyk tussen jou rekenaar se gemorspos. As die kaartjie nie daar is nie, kontak ons asseblief direk sodat ons die e-posadres kan verifieer en die kaartjie weer kan stuur.
Verskillende lugdienste het verskillende reëls ten opsigte van veranderings en kansellasies. Dit hang altyd af in watter klas jy bespreek het. Jy kan ons kontak vir volledige inligting rakende jou spesifieke besprekings.
Die meeste lugdienste kan die passasiersnaam teen ’n bedrag regstel as die spelfout nie meer as drie letters in die naam behels nie. Sommige lugdienste laat ’n naamsverandering toe sonder vergoeding as die fout slegs 1 letter behels. Let op dat as ’n spelfout meer as drie letters behels, beskou die meeste lugdienste dit as ’n naamsverandering wat daartoe lei dat jy die kaartjie moet kanselleer en ’n nuwe een uitreik. Kansellasiereëls is dan van toepassing.
Die meeste lugdienste aanvaar nie naamsveranderinge nadat die kaartjie uitgereik is nie. Die meeste lugdienste laat wel toe dat die passasiersnaam teen ’n bedrag reggestel word as die spelfout nie meer as drie letters in die naam behels nie. Kontak ons vir volledige inligting.
Aangesien reëls verskil na gelang van die lugdiens en besprekingsklas, kontak ons asseblief direk vir volledige besonderhede rakende veranderinge vir jou onderskeie besprekings. Sedert die uitbreking van die Corona-pandemie laat baie lugdienste gratis herbesprekings toe. Jy moet wel die verskil in die kaartjiepryse inbetaal, indien van toepassing.
Dit hang af van die lugdiens wat jy gebruik en die vliegkaartjie wat jy bespreek het. Wanneer jy na vlugte soek, word dit aangedui watter lugdienste bagasie insluit en watter nie. Die meeste lugdienste wat nie bagasie insluit nie, laat die passasier toe om teen ’n ekstra koste bagasie in te boek.
Enige spesiale versoeke wat jy nie tydens die besprekingsproses kan bespreek nie, kan ons jou mee help. Kontak ons gerus by wegreis@support.travelcheck.co.za
Die meeste lugdienste laat jou toe om jou sitplek te kies wanneer jy bespreek. As jou lugdiens jou nié die opsie bied nie, kontak ons by wegreis@support.travelcheck.co.za
Kontak ons direk by wegreis@support.travelcheck.co.za oor maaltydbesprekings
Die meeste lugdienste laat jou toe om 24 uur voor die vlug aanlyn aan te meld. Ons raai jou aan dat jy self tuis aanmeld deur middel van jou vlugverwysingsnommer. Laai jou instapkaart op jou slimfoon af vir kontakvrye lughaweprosedures.

Ons beveel aan dat jy 90 minute voor ’n binnelandse vlug en sowat 3 uur voor ’n internasionele reis op die lughawe aankom. Let daarop dat die prosedures op die lughawe langer neem weens Corona-regulasies. Laat dus ekstra tyd daarvoor toe.
Die reëls hiervoor hang af na gelang van die lugdiens en jou bespreking. Jy sal die inligting vir jou spesifieke vlug kry tydens die besprekingsproses of in die besprekingsbevestiging. As jy nie seker is nie, kontak ons gerus en ons kan uitvind. Handbagasie word normaalweg beperk tot 7 kg. Dit sluit nie handsakke en skootrekenaars in nie.
Geen vloeistowwe van meer as 100 ml word in die kajuit toegelaat nie. Hierdie items moet ingeboek word saam met jou bagasie. Jy mag nie skerp voorwerpe, snygereedskap of enige ander voorwerp wat as ’n wapen gebruik kan word, op die vlug bring nie. Wanneer jy aanlyn aanmeld, kry jy ’n gedetailleerde lys van die dinge wat die lugdiens aan boord verbied.