1
hoeveel mense? Maak alles skoon
 
1 Alle Vlugte Kies Klas
  • Alle Vlugte
  • Slegs direkte

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon
Retoer
Eenrigting
Multistad
Vertoon meer
datums
 
Inligting

Dit is moontlik om direk tussen Johannesburg en New York te vlieg, maar aansienlik goedkoper as jy via Doebai of ander groot lughawens vlieg. Die meeste vlugte na New York land by die John F. Kennedy- Internasionale Lughawe (JFK), maar jy kan ook by Newark of LaGuardia in die noorde van Queens land. Suid-Afrikaners het visums nodig vir New York (en vir die res van die VSA). As jy met ’n Suid-Afrikaanse paspoort hierheen reis, sal jy vir ’n nie-immigrante visum moet aansoek doen by die VSA-konsulaat in Kaapstad, Durban of Johannesburg. Moenie dit uitstel nie – dis nie iets wat jy binne ’n week kan afhandel nie! New York is die setel van die VN-hoofkwartier en ’n internasionale supermoondheid wat nie net ’n groot invloed in Amerika het nie, maar ook in die res van die wêreld. Die stad is ook bekend vir sy handel, vermaak, tegnologie, navorsing, politiek, kuns en nog baie meer. Die meeste bakens is maklik herkenbaar omdat ons dit al jare lank in flieks en TV-reekse sien, en dis beslis ’n stad wat ’n plekkie op jou emmerskoplys verdien.

Vlugte

Die meeste vlugte uit Suid-Afrika land by John F. Kennedy- Internasionale Lughawe in Queens, nog sowat 26 km suidoos van Manhattan. Meer as 90 lugdienste gebruik hierdie lughawe en jy kan van hier af direk vlieg na bestemmings op al ses vastelande. SAA bied direkte vlugte tussen Johannesburg en New York, maar jy kan ook via Londen, Doebai, Doha en Nairobi vlieg saam met lugdienste soos British Airways, Virgin Atlantic, Emirates, Qatar en Kenya Airways.

Kyk en Doen

Drie van die vyf mees besoekte toeriste-attraksies ter wêreld kom in Manhattan voor: Die bekende Times Square kry nagenoeg 39 miljoen besoekers per jaar (byna drie keer soveel toeriste as wat die hele Suid-Afrika per jaar ontvang); Central Park kry sowat 37 miljoen besoekers en die imposante Grand Central Station meer as 20 miljoen. Times Square behels egter meer as neonligte en worsbroodjiestalletjies: Dit is ook die hart van die bekende teaterdistrik, Broadway. Neem ’n veerboot na Liberty Island om die Vryheidstandbeeld (“Statue of Liberty”) te sien, of besoek een van die wêreldbekende kunsmuseums, die Metropolitan Museum of Art (die Met), die Museum of Modern Art (MoMA) of die Guggenheim. Die Guggenheim is naby aan Central Park, ook bekend as “die longe van Manhattan”. Geniet die uitsig vanaf die Rockefeller Center of die Empire State Building, en besoek Wall Street. Chinatown en Little Italy sal jou ure lank besig hou.

Inkopies

Hoewel New York al die peperduur handelsmerke huisves, is dit ’n droomstad as jy na ’n bargain op soek is. Hier beteken ’n uitverkoping nog tot 75% afslag! Gaan maak ’n draai by Macy’s in Herald Square, ’n afdelingswinkel wat oor ’n hele blok strek en waar jy baie van die wêreld se grootste handelsmerke sal raakloop – dikwels op uitverkoping. As jou sakke effe dieper is (of as jy brand van nuuskierigheid), loop deur die afdelingswinkels Bloomingdale’s, Barneys en Saks Fifth Avenue. (As jy oor Kerstyd in New York is, moenie die jaarlikse ligfees misloop nie.) Die bekende juwelier Tiffany & Co. is ook baie gewild. As jy meer op soek is na trendy boetieks, slenter rond in SoHo en die Canal Street Market. Bushwick is weer bekend vir sy tweedehandswinkels. As jy dol is oor fotografie, besoek B&H – ’n fotografie-en-tegnologiewinkel wat oor drie vloere strek.

Vervoer

New York bied verskeie soorte verblyf – enigiets vanaf ultra-luuks tot sakpasverblyf in piepklein woonstelle. Besluit eers in watter deel van New York jy wil bly. Hoewel buurte soos Queens en Brooklyn meer bekostigbare verblyf bied, kan jy jou misgis met hoe lank dit sal duur om van daar af te reis na die plekke wat jy wil sien. As jy teaterstukke op Broadway wil kyk of wil inkopies doen, kies verblyf in Midtown New York. Lower Manhattan en die Finansiële Distrik bied weer maklike toegang tot die 9/11 Memorial en Wall Street, en baie hotelle hier het afslagverblyf oor naweke wanneer die sakereisigers huis toe gaan. Fynproewers sal mal wees oor Tribeca en SoHo, terwyl die Meatpacking-distrik bekend is vir sy naglewe. Daar is ook baie dinge te sien en te doen in Brooklyn se Williamsburg. As jy jong kinders saambring, het die Upper West Side lekker speelparke. Die buurt is ook die tuiste van die American Museum of Natural History (waar jou kinders hulle aan die dinosourusse kan vergaap).

Verblyf

WegReis sê

Die beste dinge in New York is gratis! Die High Line is ’n park wat op ’n verhewe spoorlyn ingerig is wat jare lank in onbruik was. Ry ook met die kabelkar (gebruik jou gewone metrokaart) na Roosevelt-eiland, of boemel eenvoudig in die strate van Williamsburg in Brooklyn. Slenter daarna luilekker oor die Brooklyn-brug na Manhattan. As jou oë rek oor die prys van restaurantkos in Manhattan, gaan soek waarde-vir-geld-eetplekke in Chinatown of Brooklyn. Onthou: Manhattan is wêreldbekend vir sy straatkos en baie topsjefs verkoop fynproewermaaltye vanuit kosvragmotors op straat. Die pizza in New York is legendaries!