1
hoeveel mense? Maak alles skoon
 
 
1 Alle Vlugte Kies Klas
  • Alle Vlugte
  • Slegs direkte

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon
Retoer
Eenrigting
Multistad
Vertoon meer
datums
 

Inligting

As ’n gewilde vakansiebestemming onder Suid-Afrikaners, sal jy goedkoop vlugte na Mauritius vanaf al die groot stede kan kry. Mauritius is ’n groep van drie klein eilande wat oor die tropiese Indiese Oseaan gestrooi is, op die kruispad tussen Oos-Afrika, Asië en Oseanië. Mauritius, wat op die roete van spesery- en handelskepe lê, is ’n mengelmoes van verstrengelde kulture en eklektiese geure. Dit het ook van die beste strande ter wêreld wat diegene wat gelukkig genoeg is om hierdie eilandnasie aan die kus van Oos-Afrika te besoek, nooit teleurstel nie. Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig om na Mauritius te reis nie, maar jy moet seker maak dat jou paspoort minstens ses maande ná jou terugkeerdatum geldig is.

 

Vlugte

Direkte vlugte na Mauritius is vanaf Johannesburg en Kaapstad beskikbaar, en verbindingsvlugte na Mauritius vertrek vanaf die meeste stede in Suid-Afrika. Air Mauritius en South African Airways bied ononderbroke vlugte na Mauritius. Ander lugdienste wat na Mauritius vlieg, is Kenya Airways en Air Austral. Vlugte na Mauritius is lekker kort, wat dit ’n gewilde opsie maak vir Suid-Afrikaners wat wil wegkom, maar nie ure lank op lang vlugte wil sit nie. Vlugte vanaf Johannesburg na Mauritius is ongeveer 4 uur, vlugte van Kaapstad na Mauritius is ongeveer 5 uur, en vlugte van Durban na Mauritius is ongeveer 4 uur. Vlugte met meer as een stop kan tot 18 uur duur. Alle vlugte na Mauritius land by die Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe (MRU) net buite Port Louis.

 

Kyk en Doen

Die strande in Mauritius is verreweg die bekendste besienswaardighede. Grand Baie en Trou Aux Biches is bekend daarvoor dat hulle die mooiste strande in Mauritius is. Pereybere, Île aux Cerfs, Belle Mare Plage, Gris Gris, Flic en Flac en Le Morne is ook absoluut pragtig. Die klein kusdorpie Flic en Flac het die soort eilandsjarme wat jy jou voorstel as jy aan ’n vakansie op ’n tropiese plek dink. Saam met wonderlike strande kry jy natuurlik uitstekende geleenthede vir wateraktiwiteite soos snorkel en seil. Maar as jy verkies om jou voete op land te hou, is die eiland bekend daarvoor dat hy uitstekende rum produseer. St. Aubin, Chamarel en Labourdonnais is die belangrikste rum-distilleerderye en is beslis die moeite werd om te besoek as jy hou van egte eiland-rum. Natuurliefhebbers en avontuurlustiges kan stap deur die Black River Gorges Nasionale Park waar jy die wilde sy van Mauritius kan sien, terwyl die welige plantegroei ’n sluimerende vulkaan, Curepipe Trou-aux-Cerfs, versteek. Die krater bied 360 grade-uitsigte op die omliggende dorp en oseaan. Ander bekende besienswaardighede in Mauritius is die surrealistiese Sewekleurige Aarde, ’n geologiese formasie by Chamarel, die reuse-waterlelies van die Pamplemousses-tuin en die Balaclava-ruïnes. En geen reis na Mauritius is volledig sonder om die straatkos by die Flacq-mark te proe nie.

 

Inkopies

Le Caudan Waterfront is die lewendige rits winkels en restaurante wat so dikwels afgeneem word. Hier kan jy gaan aansit vir ’n gemaklike aandete of egte Mauritiaanse rum en plaaslike kunsvlyt koop. Die markte in Mauritius neem jou tot reg in die hartjie van die alledaagse eilandlewe. Inwoners maal rond en doen hul inkopies. Loop deur die Flacq-mark in Centre de Flacq en die Central-mark in Port Louis – hier kry jy hope groente in alle vorms en groottes, helder tropiese vrugte, sommige wat jy nog nooit vantevore gesien het nie, beroemde Mauritius-tee, geurige speserye, pragtige materiale, egte vanieljebone en klappermelk bedien in die dop. Die markte is die beste plek om te besoek as jy die straatkos van Mauritius wil proe.

 

Vervoer

Om in Mauritius rond te ry, is maklik en taamlik goedkoop. Om ’n motor of private bestuurder te huur, is ’n maklike manier om die eiland te verken. Dit is goedkoop om ’n motor te huur en voertuie ry aan die linkerkant van die pad, dus hoef jy nie bekommerd te wees oor vreemde padreëls nie. Daar is taxi’s beskikbaar by hotelle, oorde en busstasies, en die meeste hotelle en oorde het ook fietse of bromponies te huur. Die openbare busdiens is gereeld en betroubaar met roetes van Port Louis na die belangrikste dorpe en sekere gebiede in die noorde en suide van die eiland. As jy nou regtig wil uithang, bied Air Mauritius helikopterdienste aan, wat ’n ongelooflike manier is om die eiland te sien.

 

Verblyf

Wanneer dit kom by die keuse van verblyf in Mauritius, het jy hope opsies: ’n stylvolle rondawel naby die strand, ’n villa omring deur palmbome, ’n moderne woonstel met ’n uitsig oor die see, ’n luukse vyfster-oord en spa langs die strand met suites wat op die sand uitloop, of ’n eenvoudige gastehuis met geen fieterjasies nie. Besoekers wat vir eerste keer hier kom, is geneig om in die hotelle in Mauritius te bly, want die personeel is vriendelik en goed opgelei om na gaste om te sien. Luukse villas het al die geriewe van ’n hotel en is ideaal vir paartjies wat privaatheid en ’n bietjie avontuur wil hê. Hulle is ook baie gewild danksy die portierdienste wat die beplanning van uitstappies makliker maak, private sjefs en lughawependeldienste.

 

WegReis sê

Tussen die heldergroen tropiese woude van Mauritius is watervalle wat asemrowend is om na te kyk en opwindend om te ontdek. Om ’n dag deur die wilde oerwoude te stap op soek na hierdie borrelende watervalle, is een van die beste ervarings op die eiland. Chamarel is die hoogste waterval in Mauritius met ’n ongelooflike val van 100 meter. As jy kans sien vir die trappies na die toppunt, is die uitsig werklik skouspelagtig. Alexandra-waterval is omring deur seldsame plantegroei en voorwaar ’n wonderlike plek wat jou sal betower. Die Tamarind-, Eureka-, Exil- en Rochester-watervalle is ewe asemrowend en jy kan naby aan hulle kom. Maar miskien is die bekendste waterval van almal die “onderwater-waterval” aan die kus van Le Morne-berg. ’n Helikopterrit sal jou ’n uitsig gee op hierdie wonderlike misterie, wat eintlik ’n optiese illusie is, maar steeds absoluut lieflik om te sien.