Ons belofte aan u
As jy jou volgende vakansie by ons bespreek, belowe ons omjoudie beste pryse, ’n gerieflike besprekingsinstrument en die beste vakansieverblyf landwyd. En jy kan al jou besprekings maak uit die gemak van jou eie huis.
handshake
Hand
Bondel & Spaar
As jy jou vlugte en verblyf gelyktydig bespreek, kan jy tot 25% bespaar op jou totale pakket ooreenkoms. Ons het die beste verskaffers gekry en ons moderne tegnologie is daarop ingestel om jou die beste aanbiedings in die soek resultate te vertoon.
Calendar
Verander gerus jou planne
Hê gemoedsrus dat as jou omstandighede verander, kan jou reisreëlings ook. Buigsaamheid is vir almal belangrik.

Vir vlugbesprekings sal jy die opsie hê om ’n Flexi-besprekingsopsie te kies wat jou toelaat om een datum te verander in jou vlug bespreking tot 24 uur voor jou vertrektyd.

Deur ’n Flexi-kaartjie te koop, het jy toegang tot die prioriteits kaartjie wysigingsdiens. Travelcheck, die diensverskaffer van wegreis.co.za, sal poog om die datum verandering so vinnig as moontlik te doen. By die bespreking van hierdie produk is jy vrygestel van die boete van die lugdiens of Travelcheck se boete en herbesprekings fooie.

In die geval van ’n datum verandering, hoef jy slegs die verskil in te betaal as die prys van jou herbespreekte kaartjie hoër is as die oorspronklike kaartjie.

Vir hotelbesprekings maak seker dat jy die kamer opsie kies met ’n gratis kansellasie opsie. Soek dus volgende keer as jy bespreek vir aanbiedings gemerk met “Gratis kansellasie”.
Smile
Gerief en gemak van bespreking
Ons bied vir jou ’n platform vir vakansie besprekings wat jy maklik vanuit jou eie huis kan navigeer. Jy kan jou gunsteling vakansie verblyf en die vlugte kies wat die beste by jou pas. Kyk bloot op ons webwerf, soek na die beste datums en bestemming, en ons sal vir jou alle beskikbare opsies gee. Jy hoef nie jou huis te verlaat om jou volgende avontuur te bespreek nie.
Cards
Ontelbare vakansie-opsies
Met verskaffers wêreldwyd sal jy jou droom vakansie op ons webwerf kan vind. Maak nie saak of jy Suid-Afrika of die wêreld wil ontdek nie, plaas eenvoudig jou droom bestemming en jou voorkeur datums in ons soekenjin, en ons wys vir jou die beskikbare opsies. Nie seker waarheen om te reis in tye van Covid nie? Ontdek hier watter reisbeperkings van toepassing is om jou bestemming van jou drome te betree.
Hand
Bespreek nou en betaal late
Ons diensverskaffer Travelcheck het met FASTA saamgespan om vir jou ’n nuwe en verantwoordelike oplossing vir afbetaling te bied met die opsie om jou vakansie in drie paaiemente te betaal wanneer jy jou volgende reis op ons webwerf bespreek. Soek na jou vlug, verblyf of pakket, bespreek dit en kies Bespreek nou. Betaal later as jou betaalmetode.
Hoe werk dit
Tot R8 000 vir vlugbesprekings
Betalingsvoorwaardes tot 3 maande
Kliënte kan gedeeltelike krediet en gedeeltelike deposito betaal
Onderhewig aan 'n verpligte kredietrisikobeoordeling
Kwalifiserende kredietkandidate moet R5000 per maand verdien en dit moet in hul bankrekeningdeposito's verskyn
Beskikbaar vir RSA ID-houers ouer as 18 jaar