1
hoeveel mense? Maak alles skoon
 
 
1 Alle Vlugte Kies Klas
  • Alle Vlugte
  • Slegs direkte

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon

Gaste

Kamers

Kies hoeveel kamers Maak alles skoon
Retoer
Eenrigting
Multistad
Vertoon meer
datums
 

Inligting

Vlugte na die Krugerwildtuin land op die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (MQP), Hendrik van Eck-lughawe (PHW) of Skukuza-lughawe (SZK). Dit is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, strek oor meer as 19 000 vierkante kilometer pragtige bosveld . en een van die grootste besienswaardighede in Afrika. Die park bied ongelooflike wildkyk-ervarings en safari-lodges – die resep vir ’n onvergeetlike vakansie. Die Krugerwildtuin is ’n plek van geweldige misterie en skoonheid, en ’n plek wat jy minstens een keer in jou lewe moet besoek. Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig om die Krugerwildtuin te besoek nie, maar besoekers uit die buiteland het moontlik ’n besoekersvisum nodig.

 

Vlugte

Direkte vlugte na die Krugerwildtuin vertrek vanaf Johannesburg en Kaapstad, terwyl verbindingsvlugte na die Krugerwildtuin vanaf die meeste stede in Suid-Afrika vertrek. Airlink is die belangrikste binnelandse lugdiens wat vlugte na die Krugerwildtuin bied. Internasionale vlugte na die Krugerwildtuin stop gewoonlik in Johannesburg en is beskikbaar by verskeie groot lugrederye in baie stede regoor die wêreld.

 

Kyk en Doen

Met die uitgestrekte landskappe en oorvloed plant- en dierelewe in die Krugerwildtuin, is daar soveel om te ontdek. Wildkykritte is beslis die opwindendste. Vroegoggend- en namiddagritte neem jou na die hartjie van die bos waar kremetart-, maroela- en mopanie-bome oor die land waak, en majestueuse diere soos leeus en olifante onder die groot Afrika-son dwaal. Wildkykritte deur die Krugerwildtuin wys jou Afrika se groot vlaktes soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie. En moenie die nagrit deur die park misloop nie. En as jy nie in die natuur rondry nie, bied die park ongelooflike geleenthede vir begeleide staptogte, lugballonvaarte, wildernisstaproetes, grotte, voëlkyk, gholf en bergfietsry. Die meeste lodges het ook spa’s wat luukse behandelings bied as jy ’n blaaskansie nodig het.

 

Inkopies

Jy gaan nie ’n winkelsentrum in die Krugerwildtuin kry nie. Die naaste een is die Riverside-winkelsentrum in Nelspruit. Daar is winkels in die verskillende ruskampe in die Krugerwildtuin wat basiese kruideniersware en drank soos wyn en bier verkoop. Die ander noodsaaklikhede moet jy koop voor jy wildtuin toe kom. Wat die aande in die Krugerwildtuin betref, bly die beste aktiwiteit maar ’n bosbraai onder miljoene sterre – met ’n jacuzzi, as jy gelukkig is. Die lodges in die private wildreservate het gewoonlik hul eie restaurant en kroeg.

 

Vervoer

Die beste manier om die Krugerwildtuin te verken, is per motor. Daar is verskillende motorhuuragentskappe op die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. ’n Private huurvlug kan gereël word na elke lodge in die park, maar dit moet bespreek word wanneer jy jou verblyf bespreek. Sommige lodges bied pendeldienste na en van die lughawe.

 

Verblyf

Danksy die groot verskeidenheid is dit nie maklik om verblyf in die Krugerwildtuin te kies nie. Die private wildreservate asemrowende lodges wat al wat luuksheid is, insluit en ’n aantal ongelooflike voordele en ekstras wat jou verblyf in die Krugerwildtuin onvergeetlik kan maak. Daar is egter ook bauitstekende hotelle in die Krugerwildtuin wat geriewe en diens van wêreldgehalte bied. Maar vir ’n waarlik unieke ervaring, bied ’n tentkamp jou die kans om onder die sterre te slaap terwyl die wilde Afrika-bos om jou heen ritsel. Vir iets 'n bietjie meer bekostigbaar, is daar selfsorg-lodges, boskampe, gastehuise en rondawels regdeur die park.

 

WegReis sê

Klim in ’n lugballon en beleef die Krugerwildtuin vanuit die lug. Om die bos en sy diere te sien is ’n betowerende ervaring, maar om dit vanuit die lug te sien is waarlik iets besonders. Om te sien hoe buffels oor die landskap galop, kameelperde wat statig tussen bome rondstap, jagluiperds wat in bome lê, en leeus ’n springbok agternasit, is iets wat jy nooit sal vergeet nie. Die Lonely Bull-roete is ’n driedag-staproete deur die Krugerwildtuin. Jy sal jou waarlik in die natuur kan verdiep terwyl jy deur ongerepte struikveld stap en wild langs die pad teëkom. As dit nag word, kan jy ’n tent langs die rivier opslaan en aan die slaap raak met die natuurgeluide in die agtergrond. Daar is baie maniere om die Krugerwildtuin te beleef, maar dit is waarskynlik die uniekste. Bederf jouself met verblyf in ’n safari-lodge in ’n private wildreservaat, waar alles ingesluit is. Om ’n nag in een van die luukse lodges deur te bring is pure bederf. Kerslig-etes onder die sterre, elegante hutte wat op die bos uitkyk, ’n private safari-gids, middagete op die oewer van ’n rivier. ’n Besoek aan die Krugerwildtuin is ’n ervaring vir daardie voor-ek-die-emmer-skop-lys, en terwyl jy daar is, kan jy jouself netsowel vir minstens een nag geheel en al bederf.